|
Rapport Weskus Lagoonfees (
www.weskuslagoonfees.co.za )
26-28 Maart 2010
Die 2de Weskus Lagoonfees word aangebied in Langebaan aan die Weskus en beloof om een van die mees gewilde musiekfeeste van sy soort te word in die Kaap! Jou gunsteling sterre tree op tydens die 3-dag fees en sluit in Lianie May, Jakkie Louw, Kurt Darren, Bok van Blerk, Kalahari Orkes, Sasha-Lee Davids en nog vele meer. Sommige van jou gunsteling sterre slaap ook in die Kreef Hotel, waar jy meer intiem kan kennis maak tydens die volle buffet ontbyt elke oggend in hierdie gewilde Tent Hotel. Met die gewildheid van hierdie lekker fees wat al hoe groter word, is basies al die akkomodasie in Langebaan en omliggende dorpe reeds vol bespreek. Kreef Hotel is reeds alombekend as verskaffer van slaapplek by verskeie groot musiekfeeste in SA, onder andere Oppikoppi, Rittelfees ens. Die Kreef Hotel span het jare ondervinding in tent hotelle en weet presies hoe om aan u ‘n onvergeetlike fees ondervinding te bied. SKOON toilette, WARM storte, VEILIGE parkering, lekker self-skep ontbyt, selfoon laai-diens, bagasie karweiers en vele ander nommer-pas dienste net vir u.
Die KREEF HOTEL (punt-vyfster tent hotel) word opgeslaan ‘n week voor die fees op die gronde van die Curro Privaatskool Langebaan, slegs 2Km van die feesterrein af. Die amptelike bussies van die Lagoonfees stop ook heeldag by die Kreef Hotel, so u voertuig kan veilig in ons parkering bly waar ons ‘n valk-oog hou (en geen probleme met bestuur na ‘n paar glasies wyn by die fees nie)
Bo: Lekker ontbyt elke oggend en 'n tipiese Kreef Hotel tente dorp
Bo: Die rooi tapyt wag op u terwyl ons bagasie karweiers regstaan om te help
Dienste ingesluit by die prys::
- 1, 2 of 3-persoon boogtente met matrasse (u bring eie beddegoed)
- Slotjies te leen (met u eie geheime kombinasie)
- Warm Storte (met haardroers)
- Skoon toilette
- Private, veilige parkering (24 uur sekuriteit)
- Volle buffet ontbyt daagliks (Sat 27 en Son 28 Maart) ingesluit by u prys
- Kreef Hotel area word belig deur die nag (‘n flits is altyd ‘n goeie idee om te bring)
- Bagasie karweiers (ons gewilde rooi kruiwa diens)
- Self kosmaak fasiliteite (braai en gas-kombuis), breekware, messegoed ingesluit
- Selfoon (kamera, skootrekenaar) battery laai-diens
- Vervoer na en van die feesterrein per Lagoonfees busdiens
Pryse:
Pryse is per persoon
Sluit in Vrydag EN Saterdag aande (naweek pakket)
Fees kaartjies vir Vrydag (R100) & Saterdag (R120) ingesluit (Sondag kaartjie UITgesluit)
Sluit IN ontbyt Saterdag en Sondag oggend
| Alleenloper: |
een persoon alleen in tent met enkel matras |
| |
R995.00 per persoon |
| Tweeling: |
2 enkel matrasse in tent |
| |
R795.00 per persoon |
| Paartjie : |
1 Dubbel matras in tent |
| |
R795.00 per persoon |
| Drieling: |
3 enkel matrasse in tent |
| |
R695.00 per persoon |
| Klein kinders: |
Kinders onder 12 wat ‘n tent deel met ouers
(xtra enkel matras saam met die ouers se dubbelmatras) |
| |
R150 (onder 6 jaar) fees ingang verniet |
| |
R295.00 (6-12 jaar) fees ingang halfprys ingesluit |
| Ekstra nag: |
Gaste kan vir Woensdag 24 of Donderdag 25 Maart inboek
(hierdie diens spesiaal vir stalletjie houers, klank en
ander ingeneurs ens)(slegs basiese ontbyt ingesluit) |
Bespreek sommer nou KLIEK HIER deur die elektroniese vorm in te vul. Ons sal direk met u in verbinding wees om die pryse
te finaliseer en aan u die betaal prosedure verduidelik.
|